2 Kings 11:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die owerstes oor die honderd het gedoen volgens alles wat die priester Jójada beveel het: en hulle het elkeen sy manne geneem wat op die sabbat moes ingaan, saam met die wat op die sabbat moes uitgaan, en by die priester Jójada gekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die bevelvoerders oor honderd het presies so gemaak soos die priester Jojada beveel het. Elkeen het sy manskappe geneem, dié wat daardie Sabbat vir diens aangemeld het, asook dié wat van diens af gegaan het. Hulle het almal na die priester Jojada toe gekom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die owerstes oor honderd het toe gedoen net soos die priester Jojada beveel het en elkeen sy manne geneem wat op die sabbat inkom saam met die wat op die sabbat uitgaan, en na die priester Jojada gekom. |
| Afrikaans 1983 | Die bevelhebbers oor honderd het alles gedoen wat die priester Jojada beveel het. Elkeen het sy manskappe gevat, dié wat op die sabbat diens moes doen, sowel as dié wat klaar was met hulle diens, en na die priester Jojada toe gekom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die aanvoerders van honderd het alles gedoen wat die priester Jojada beveel het. Elkeen het sy manne geneem, dié wat op die Sabbat aan diens was en dié wat op die Sabbat van diens af was, en na die priester Jojada gegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die offisiere het alles gedoen wat die priester Jojada gesê het. Elke offisier het sy manne geneem, die manne wat op die Sabbatdag moet kom wagstaan en ook die manne wat klaar waggestaan het, en hulle het na die priester Jojada toe gekom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die offisiere het presies gedoen wat Jojada, die priester, beveel het. Hulle het albei groepe soldate, dié wat op die sabbat aan diens is en dié wat dan van diens af gaan, bymekaargemaak. Hulle het almal by Jojada byeengekom. |