2 Kings 11:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle moet die koning omsingel, elkeen met sy wapens in sy hand; en laat hom wat in die velde kom, gedood word; en wees julle by die koning as hy uit- en ingaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vorm ’n lyfwag vir die koning en hou julle wapens gereed. Enige persoon wat deur julle geledere wil kom, moet doodgemaak word. Bly die hele tyd by die koning.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en julle moet rondom die koning gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, en die een wat in die rye inkom, moet gedood word; en julle moet by die koning wees as hy uit-- en ingaan. |
| Afrikaans 1983 | Julle moet rondom die koning wees, elkeen met sy wapens in die hand. Enigeen wat in julle geledere probeer inkom, moet doodgemaak word. Bly by die koning oral waar hy gaan.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet rondom die koning stelling inneem, elkeen met sy wapens in sy hand. Enigeen wat deur die kordon wil breek, moet doodgemaak word. Julle moet by die koning wees, wanneer hy uitgaan en wanneer hy ingaan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet rondom die koning staan, elkeen met sy wapen in sy hand. As iemand probeer om tussen julle in te kom, dan moet julle hom doodmaak. Julle moet altyd by die koning wees, oral waar hy gaan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle is sy lyfwag en julle moet hom gedurig met julle wapens beskerm. As iemand by hom probeer uitkom, moet julle die persoon summier doodmaak.” |