2 Kings 11:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En 'n derde deel moet by die poort van Sur wees; en 'n derde by die poort agter die wag; so moet julle die wag van die huis hou, dat dit nie afgebreek word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Nog ’n derde van julle moet by die Surpoort wagstaan. Die laaste derde moet by die poort agter die hardlopers wagstaan. Al drie afdelings moet om die beurt die paleis bewaak.
Afrikaans 1933/1953 en 'n derde deel by die poort Sur, en 'n derde deel by die poort agter die hardlopers, en julle moet wag hou by die huis om dit te verdedig.
Afrikaans 1983 'n Derde moet by die Surpoort en 'n derde by die poort agter die hardlopers wagstaan. Julle moet om die beurt by die tempel wagstaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) die derde wat by die Surpoort is, asook die derde wat in die poort agter die hardlopers is – moet om die beurt wag hou by die paleis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) een derde moet wagstaan by die Sur-poort en een derde moet wagstaan by die poort agter die wagte. Julle moet nou by die tempel wagstaan, elkeen moet wagstaan wanneer dit sy beurt is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nog ’n derde van julle moet by die Surpoort waghou en die orige derde moet agter die paleiswagte gaan waghou. Almal saam is verantwoordelik vir die paleis.