2 Kings 11:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het hulle bevel gegee en gesê: Dit is die ding wat julle moet doen; 'n Derde deel van julle wat op die sabbat ingaan, moet ook waghouers wees van die koning se huis; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jojada het hulle beveel: “Julle moet soos volg te werk gaan: ’n Derde van julle wat op die Sabbat aan diens is, moet die koninklike paleis bewaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna gee hy hulle bevel en sê: Dit moet julle doen: 'n derde deel van julle wat op die sabbat inkom, moet wag hou by die huis van die koning, |
| Afrikaans 1983 | Hy het hulle beveel: “'n Derde van julle, van dié wat op die sabbat kom diens doen, moet wagstaan by die wagpos van die paleis. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het hulle beveel: “Dit is wat julle moet doen: Van julle wat op die Sabbat aan diens is – dit is die derde wat gewoonlik wagstaan by die koninklike paleis, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het hy vir die wagte gesê: “Luister wat julle moet doen: Een derde van julle moet op die Sabbatdag kom wagstaan by die paleis, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy gee toe vir hulle die volgende bevele: “Luister nou mooi na my reëlings: ’n derde van die soldate wat op die sabbatdag aan diens is, moet by die paleis gaan wagstaan. |