2 Kings 11:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in die sewende jaar het Jójada gestuur en die owerstes oor honderd saam met die owerstes en die lyfwagte laat haal en hulle na hom in die huis van die HERE gebring en met hulle 'n verbond gesluit en hulle in die huis van die die HERE en hulle die seun van die koning gewys. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die sewende jaar van Atalia se regering het die priester Jojada die bevelvoerders oor honderd van die Kariërs en die hardlopers na hom toe laat kom in die tempel van die Here. Hy het met hulle ’n ooreenkoms aangegaan en hulle ’n eed in die tempel van die Here laat aflê. Daarna het hy die koning se seun aan hulle gewys. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar in die sewende jaar het Jojada die owerstes oor honderd van die Kariërs en van die hardlopers laat haal en by hom in die huis van die HERE laat kom en met hulle 'n verbond gesluit onder eedswering in die huis van die HERE, en vir hulle die koning se seun gewys. |
| Afrikaans 1983 | In die sewende jaar het die priester Jojada boodskappe gestuur na die Kariërs se bevelhebbers oor honderd en na dié van die hardlopers, en hulle na hom toe in die huis van die Here laat kom. Daar het hy met hulle 'n verbond gesluit. Nadat hy hulle in die huis van die Here 'n eed laat aflê het, het hy hulle die koning se seun gewys. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar in die sewende jaar het Jojada iemand gestuur en die •aanvoerders van honderd van die Kariërs en die hardlopers laat haal. Hy het hulle by hom in die huis van die Here ingeneem, met hulle 'n ooreenkoms gesluit en hulle 'n eed laat aflê in die huis van die Here. Daarna het hy hulle die koning se seun gewys. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die volgende jaar het die priester Jojada gepraat met die offisiere van die wagte wat die koning moes oppas en met die wagte by die paleis. Hy het gesê hulle moet na die tempel kom. Jojada het 'n ooreenkoms gemaak met hulle. Hy het hulle in die tempel laat belowe dat hulle sal stilbly en toe het hy vir hulle die prins gewys. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gedurende Atalia se sewende jaar op die troon het die priester Jojada die offisiere van die koninklike wag en die tempelwagte na hom in die tempel toe ontbied. Nadat hy hulle daar in die tempel ’n eed laat sweer het dat hulle nie sal praat nie, het hy ’n ooreenkoms met hulle gesluit. Daarna het hy vir hulle die koning se seun gewys. |