2 Kings 11:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Jóseba, die dogter van koning Joram, suster van Ahásia, het Joas, die seun van Ahásia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns wat gedood is; en hulle het hom weggesteek, hy en sy oppas, in die slaapkamer van Atalia, sodat hy nie gedood is nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar Jehoseba, dogter van koning Joram en suster van koning Ahasia, het Ahasia se jongste seun Joas stilletjies weggevat tussen die ander seuns van Ahasia wat doodgemaak sou word. Jehoseba het Joas saam met sy oppasser in ’n slaapkamer vir Atalia weggesteek. So het dit gebeur dat hy nie doodgemaak is nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar Jos,ba, die dogter van koning Joram, die suster van Ah sia, het Joas, die seun van Ah sia, geneem en hom gesteel onder die koning se seuns uit wat gedood moes word, en hom en sy pleegmoeder in die beddekamer gebring. So het hulle hom dan vir At lia weggesteek, sodat hy nie gedood is nie.
Afrikaans 1983 Jehoseba, dogter van koning Joram en suster van Ahasia, het egter vir Joas, 'n seun van Ahasia, stilletjies weggevat tussen die prinse wat doodgemaak sou word. Sy het hom en sy oppasster in 'n slaapkamer weggesteek vir Atalia, sodat hy die dood vrygespring het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jehoseba, 'n dogter van koning Jehoram, Ahasia se suster, het egter vir Jehoas, seun van Ahasia, gesteel tussen die koning se seuns uit wat doodgemaak sou word, en hom en sy oppasser na 'n slaapkamer geneem. Sy het hom weggesteek vir Atalia, sodat hy nie doodgemaak is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Ahasia se suster Jehoseba het Ahasia se seun Joas weggeneem van die prinse, niemand het daarvan geweet nie. Atalia het al die ander prinse doodgemaak. Jehoseba was 'n dogter van koning Joram. Sy het vir Joas en die vrou wat hom moes oppas, weggesteek in 'n slaapkamer by die tempel sodat Atalia hom nie kon kry om hom dood te maak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ahasia se suster, Jehoseba, het besef wat Atalia se plan was. Sy het stilletjies een van Ahasia se seuntjies, Joas, tussen die kinders wat doodgemaak sou word, gaan uithaal en weggesteek. Jehoseba het toe vir Joas en die vrou wat hom versorg het in ’n slaapkamer gaan wegsteek en daarom is hy nie doodgemaak nie.