2 Kings 11:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die owerstes oor honderd geneem, en die owerstes en die lyfwagte en die hele volk van die land; en hulle het die koning uit die huis van die HERE afgebring en deur die poort van die wag na die huis van die koning gekom. En hy het op die troon van die konings gaan sit.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het die bevelvoerders oor honderd van die Kariërs en die hardlopers, asook al die burgers van die land die koning uit die tempel van die Here begelei. Hulle het deur die Wagterspoort na die paleis toe gegaan en die koning het op die troon gaan sit.
Afrikaans 1933/1953 Toe neem hy die owerstes oor honderd en die Kariërs en die hardlopers en die hele volk van die land; en hulle het die koning afgebring uit die huis van die HERE en deur die poort van die hardlopers in die huis van die koning gegaan, en hy het op die koningstroon gaan sit.
Afrikaans 1983 Hy het die bevelhebbers oor honderd, die Kariërs, die hardlopers en al die burgers van die land geneem om die koning van die huis van die Here af deur die Hardloperspoort na die paleis toe te bring. Daar het die koning op die troon gaan sit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die aanvoerders van honderd, die Kariërs, die hardlopers en die hele volk van die land geneem, en hulle het die koning uit die huis van die Here afgebring. Hulle het met die pad deur die poort van die hardlopers die koninklike paleis binnegegaan. Hy het toe op die koninklike troon gaan sit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en toe het hy die offisiere en die wagte wat die koning moes oppas en al die belangrike mense van die land saam met hom geneem. Hulle het die koning uit die tempel gebring en hulle het hom deur die Wag-poort van die paleis geneem. Hulle het hom op die troon laat sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het hy en al die soldate en die hele volk die koning deur die Poort van die Voetsoldate na die paleis geneem. Die koning het op die koninklike troon gaan sit.