2 Kings 11:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hele volk van die land het in die huis van Baäl ingegaan en dit afgebreek; sy altare en sy beelde het hulle deeglik stukkend geslaan en Mattan, die priester van Baäl, voor die altare gedood. En die priester het opsigters oor die huis van die HERE aangestel.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het al die burgers van die land na die Baältempel toe gegaan en dit afgebreek. Hulle het al die altare vernietig en die afgodsbeelde stukkend geslaan en vir Mattan, die priester van Baäl, voor die altare doodgemaak. Die priester Jojada het wagte oor die tempel van die Here aangestel.
Afrikaans 1933/1953 Daarna het die hele volk van die land in die tempel van Baäl ingegaan en dit afgebreek; sy altare en sy beelde het hulle kort en klein gebreek, en Mattan, die priester van Baäl, voor die altare doodgeslaan. Verder het die priester wagte aangestel oor die huis van die HERE.
Afrikaans 1983 Daarna het al die burgers van die land na die Baälstempel toe gegaan en dit verwoes. Hulle het die altare en die beelde stukkend geslaan en vir Mattan, die Baälspriester, by die altare doodgeslaan. Die priester Jojada het opsigters oor die huis van die Here aangestel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hele volk van die land het toe die tempel van Baäl binnegegaan en dit afgebreek. Sy altare en sy beelde het hulle heeltemal stukkend gebreek. Vir Mattan, die priester van Baäl, het hulle voor die altare doodgemaak. Daarna het die priester Jojada opsigters oor die huis van die Here aangestel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die belangrike mense van die land het toe na die Baäl-tempel gegaan en hulle het dit afgebreek. Hulle het die altare en die beelde stukkend geslaan, en hulle het vir Mattan, die priester van Baäl, daar by die altare doodgeslaan. Jojada het wagte by die tempel laat bly,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het al die mense na die Baältempel toe gegaan en dit begin afbreek. Hulle het die altare en die afgodsbeelde stukkend gebreek. Toe het hulle vir Mattan, die Baäl-priester, reg voor die altare doodgemaak. Jojada het wagte by die tempel aangestel.