2 Kings 11:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die priester Jójada het aan die owerstes oor honderd, die leërbediendes, bevel gegee en vir hulle gesê: Laat haar uitgaan buite die velde, en die een wat haar volg, maak dood met die swaard. Want die priester het gesê: Laat sy nie in die huis van die HERE gedood word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Jojada die priester het die be-velvoerders oor honderd in beheer van die manskappe beveel: “Vat haar buitentoe. Enigeen wat haar ondersteun, moet julle met die swaard doodmaak.” Hy voeg toe by: “Moenie haar hier in die tempel van die Here doodmaak nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die priester Jojada het die owerstes oor honderd, die aanvoerders van die leër, bevel gegee en vir hulle gesê: Neem haar weg tot binne die rye in en maak dood met die swaard die wat agter haar aankom -- want die priester het gesê: Sy moet nie in die huis van die HERE gedood word nie. |
| Afrikaans 1983 | Die priester Jojada beveel toe die bevelhebbers oor honderd wat in beheer van die manskappe was: “Bring haar tussen julle uit en maak elkeen dood wat agter haar aankom.” Die priester het gesê: “Sy mag nie in die huis van die Here doodgemaak word nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester Jojada gee toe die aanvoerders van honderd, die bevelvoerders van die leër, opdrag en sê vir hulle: “Neem haar buite die kordon. Dié wat haar volg, moet met die swaard doodgemaak word.” Ja, die priester het gesê: “Sy moet nie in die huis van die Here doodgemaak word nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester Jojada sê toe vir die offisiere en vir die hoofde van die leër: “Vat haar uit buitetoe en maak die mense dood wat saam met haar gaan. Julle moet haar doodmaak, maar nie hier by die tempel nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jojada het vir die leëroffisiere gesê: “Vang haar en vat haar weg uit die tempel uit! Moet haar nie hier in die Here se tempel doodmaak nie. Maak enigeen wat haar probeer help, dood!” |