2 Kings 11:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe sy kyk, kyk, die koning staan by 'n gedenksteen soos die gebruik was, en die vorste en die trompetspelers by die koning, en die hele volk van die land was bly en blaas op die trompette; en Atalia het haar klere geskeur en geroep, Verraad, Verraad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar sien sy die pasgekroonde koning wat volgens tradisie op die gebruiklike plek staan. Die leiers en trompetblasers het rondom hom gestaan en al die burgers van die land het gejuig en op trompette geblaas. Toe skeur Atalia haar klere en skree: “Verraad! Verraad!” |
| Afrikaans 1933/1953 | en toe sy die koning sien staan op die verhoog, volgens die gewoonte, met die owerstes en die trompetblasers by die koning, terwyl die hele volk van die land bly is en op die trompette blaas, skeur At lia haar klere en roep uit: Verraad, verraad! |
| Afrikaans 1983 | Daar sien sy toe die koning op sy plek staan soos die gebruik was, met die volksleiers en trompetblasers by hom en al die burgers van die land wat juig en trompette blaas. Toe skeur Atalia haar klere en skreeu: “Verraad, verraad!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy sien toe, sowaar, daar staan die koning by die pilaar, soos dit die gebruik was, en die aanvoerders met die trompette by die koning, terwyl die hele volk van die land verheug is, op trompette blaas! Toe skeur Atalia haar klere en roep uit: “Verraad! Verraad!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En daar sien sy toe die koning staan by die pilaar waar konings altyd staan. Sy het ook gesien die amptenare en die mense wat die trompette blaas, is by hom, en sy het gehoor hoe al die belangrike mense van die land juig en trompette blaas. Atalia het haar klere geskeur en geskree: “Julle het my verraai! Julle het my verraai!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar sien sy toe die koning op die gebruiklike plek, met die leiers en trompetblasers rondom hom. Die mense was uitbundig en die trompette is geblaas. Atalia was geskok en het haar klere geskeur en ontsteld uitgeroep: “Dis verraad! Verraad!” |