2 Kings 11:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Atalia die geraas van die wag en van die volk hoor, het sy na die volk in die tempel van die HERE gekom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Atalia het die lawaai van die hardlopers en die volk gehoor en na die mense by die tempel van die Here toe gegaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe At lia die stem van die hardlopers en van die volk hoor, het sy na die volk in die huis van die HERE gekom; |
| Afrikaans 1983 | Atalia het die uitroepe van die hardlopers en die volk gehoor en het ook na die huis van die Here toe gegaan waar die volk bymekaar was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Atalia die uitroepe van die hardlopers en die volk hoor, het sy na die volk in die huis van die Here gegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Atalia het gehoor hoe skree die wagte en die ander mense. Hulle was by die tempel, en sy het na hulle toe gegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Atalia die geraas buite hoor, het sy na die mense in die tempel toe gegaan. |