2 Kings 11:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die seun van die koning uitgebring en die kroon op hom gesit en hom die getuienis gegee; en hulle het hom koning gemaak en hom gesalf; en hulle het hande geklap en gesê: Mag God die koning red!
Afrikaans (NLV) 2011 Toe bring Jojada die seun van die koning na vore en sit die kroon op sy kop. Hy gee vir Joas ’n afskrif van die Here se vereistes en verklaar hom tot koning. Hulle het hom gesalf en almal het hande geklap en uitgeroep: “Lank lewe die koning!”
Afrikaans 1933/1953 Daarna het hy die seun van die koning uitgebring en aan hom die kroon en die Getuienis oorgegee; en hulle het hom koning gemaak en hom gesalf en met die hande geklap en gesê: Mag die koning lewe!
Afrikaans 1983 Toe het Jojada die jong koning vorentoe laat kom, hom gekroon en die koninklike volmag aan hom oorhandig. So het hulle hom koning gemaak. Hulle het hom gesalf, hande geklap en geroep: “Lank lewe die koning!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe bring Jojada die seun van die koning uit en plaas die kroon en koninklike simbole op hom. So het hulle hom koning gemaak, hom gesalf, hande geklap en uitgeroep: “Lank lewe die koning!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester het die prins uitgebring. Hy het die kroon op die prins se kop gesit en hy het vir hom 'n brief gegee. In die brief was geskryf dat hulle hom gekies en aangestel het om koning te wees. Hulle het hom gesalf en hom koning gemaak. Hulle het hande geklap en gesê: “Ons bid dat die koning lank sal lewe!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe alles gereed was, het Jojada die jong koning uitgebring. Hy het ’n kroon op sy kop gesit en die kroningsdokument vir hom gegee. Daarna het hulle olie op sy kop uitgegooi en hande geklap en hard uitgeroep: “Mag die koning lank lewe!” Só het hulle vir Joas koning gemaak.