2 Kings 11:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die wag het gestaan, elkeen met sy wapens in sy hand, rondom die koning, van die regterhoek van die tempel tot by die linkerhoek van die tempel, langs die altaar en die tempel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hardlopers het rondom die koning gaan staan, gereed met hulle wapens. Hulle het gestaan vanaf die suidelike kant van die tempel óm na die noordelike kant toe en rondom die altaar. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die hardlopers het gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, van die regterkant van die huis af tot by die linkerkant van die huis na die altaar en na die huis toe, rondom by die koning. |
| Afrikaans 1983 | Die hardlopers het elkeen met sy wapen in die hand om die koning gaan staan, naby die altaar en die tempel, van die suidekant tot by die noordekant van die tempel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hardlopers het elkeen met sy wapens in sy hand vanaf die regterkant van die •tempel tot aan die linkerkant van die tempel gaan staan, voor die altaar en voor die tempelgebou, rondom die koning. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die wagte het met hulle wapens in hulle hande rondom die koning by die tempel gaan staan, van die suidekant van die tempel tot by die noordekant van die altaar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die soldate het die wapens gevat en ’n halfsirkel om die koning gevorm. Die halfsirkel om hom het van die tempel se suidelike hoek, by die brandofferaltaar verby, tot by die noordelike hoek gestrek. So is die koning baie goed beskerm. |