2 Kings 11:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priester het aan die owerstes oor honderd die spiese en skilde van koning Dawid gegee wat in die tempel van die HERE was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het hulle toegerus met spiese en skilde wat in die tempel van die Here bewaar is en nog aan koning Dawid behoort het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die priester het aan die owerstes oor honderd die spiese en die skilde van koning Dawid gegee wat in die huis van die HERE was. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het die priester die spiese en die skilde wat nog aan koning Dawid behoort het en in die tempel was, aan die bevelvoerders uitgedeel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester het toe die vegspiese en rondeskilde wat aan koning Dawid behoort het en in die huis van die Here was, vir die aanvoerders van honderd gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester het spiese en skilde vir die offisiere gegee. Dit het voorheen aan koning Dawid behoort en dit was in die tempel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het vir hulle spiese en skilde gegee wat nog aan koning Dawid behoort het en wat nog altyd in die tempel van die Here gebêre was. |