2 Kings 10:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in die môre het hy uitgegaan en gaan staan en aan die hele volk gesê: Julle is regverdig; kyk, ek het 'n sameswering teen my heer gemaak en hom gedood; maar wie het al hierdie mense gedood?
Afrikaans (NLV) 2011 Die volgende oggend gaan hy buitentoe en gaan staan daar in die poort. Hy sê vir die groeiende skare: “Julle is onskuldig. Kyk, dis ek wat teen die koning saamgesweer en hom doodgemaak het. Maar wie het al hierdie mense doodgemaak?
Afrikaans 1933/1953 En in die môre het hy uitgegaan en gaan staan en aan die hele volk gesê: Julle is onskuldig. Kyk,,k het 'n sameswering gesmee teen my heer en hom vermoor, maar wie het al hierdie manne doodgeslaan?
Afrikaans 1983 Die volgende môre het hy uitgegaan, daar gaan staan, en vir al die mense daar gesê: “Julle is onskuldig. Dit is ek wat teen die koning saamgesweer en hom vermoor het, maar wie het al hierdie mense doodgemaak?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volgende oggend het hy uitgegaan, daar gaan staan en vir die hele volk gesê: “Julle is onskuldig. Kyk, ek is die een wat teen my heer 'n komplot gesmee en hom om die lewe gebring het. Maar wie het al hierdie mense neergevel?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die volgende oggend het Jehu uitgegaan. Hy het by die poort gaan staan en vir al die mense gesê: “Julle is onskuldig. Dit is ék wat planne gemaak het teen my koning, en ék het hom doodgemaak. Maar wie het al hierdie prinse doodgemaak?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die volgende oggend het Jehu buite die stadspoort met die mense wat daar saamgedrom het, gaan praat. Hy het vir hulle gesê: “Julle is onskuldig. Dit is ék wat teen die koning in opstand gekom het en ék wat hom doodgemaak het. Maar wie het hierdie klomp mense doodgemaak?