2 Kings 10:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar het 'n boodskapper gekom en hom meegedeel en gesê: Hulle het die hoofde van die koning se seuns gebring. En hy sê: Sit dit op twee hope neer by die ingang van die poort tot die môre toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die boodskapper het gekom en gesê: “Hulle het die koppe van die koning se seuns gebring.” Jehu beveel toe: “Sit dit in twee hope by die poort van die stad en los dit daar tot môre-oggend.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die boodskapper kom en hom berig bring en sê: Hulle het die hoofde van die koning se seuns gebring, sê hy: Sit hulle in twee hope neer by die ingang van die poort tot môre toe. |
| Afrikaans 1983 | Die boodskapper het kom rapporteer: “Hulle het die koppe van die prinse gebring.” Jehu het gesê: “Sit hulle tot môreoggend in twee hope neer by die ingang van die poort.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die boodskapper binnegaan en hom meedeel: “Hulle het die koppe van die koning se seuns gebring,” het hy gesê: “Sit hulle neer in twee hope by die ingang na die stadspoort tot môreoggend.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Jehu die boodskap kry dat hulle die prinse se koppe gebring het, het hy gesê: “Sit die koppe bymekaar in twee hope voor die poort en laat dit daar bly tot môre.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar het toe boodskappers vir Jehu kom sê: “Die leiers van Samaria het die koppe van die 70 prinse hier laat aflewer.” “Dis goed so,” het Jehu geantwoord. “Pak hulle nou op twee hope buite die stadspoort en los dit tot môre daar.” |