2 Kings 10:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy wat oor die huis was, en hy wat oor die stad was, ook die oudstes en die opvoeders van die kinders, het na Jehu gestuur en gesê: Ons is u dienaars en sal alles doen wat u ons beveel; ons sal geen koning maak nie; doen wat goed is in jou oë.
Afrikaans (NLV) 2011 Gevolglik het die paleisbestuurder en die persoon in beheer van die stad, asook die ander leiers en die oppassers van die koning se seuns die volgende brief aan Jehu gestuur: “Ons is u dienaars en sal enigiets doen wat u ons beveel. Ons sal niemand koning maak nie. Doen wat u dink die beste is.”
Afrikaans 1933/1953 Toe laat die owerste oor die paleis en die owerste oor die stad en die oudstes en die opvoeders aan Jehu d¡t weet: Ons is u dienaars, en alles wat u ons beveel, sal ons doen; ons sal niemand koning maak nie; doen wat goed is in u oë.
Afrikaans 1983 Die amptenaar in beheer van die paleis en die een in beheer van die stad, die leiers en die opvoeders het vir Jehu laat weet: “Ons wil u onderdane wees. Ons wil niemand koning maak nie. Alles wat u aan ons opdra, sal ons uitvoer. Doen wat u goedvind.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hoof van die hofhouding, die stadsbestuurder, die oudstes en die voogde het vir Jehu laat weet: “Ons is u dienaars. Alles wat u vir ons sê, sal ons doen. Ons sal niemand koning maak nie. Wat u goedvind – doen dit!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die bestuurder van die paleis en die burgemeester en die leiers en die mense wat die koning se kinders moes grootmaak, het toe vir Jehu 'n boodskap gestuur en gesê: “Ons wil vir jou werk, ons sal alles doen wat jy sê. Ons wil nie vir iemand anders koning maak nie. Jy moet doen wat jy dink is reg.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het eenparig vir Jehu laat weet: “U kan maar sê wat ons moet doen en ons sal dit doen. Ons wil nie een van die seuns koning maak nie. U is nou ons leier en ons wag op u bevele.”