2 Kings 10:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hulle het baie bang geword en gesê: Kyk, twee konings staan nie voor hom nie; hoe sal ons dan staande bly? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar hulle was doodbang en sê: “Twee konings kon nie teen hierdie man weerstand bied nie! Hoe sal ons dit kan doen?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar hulle het vreeslik bang geword en gesê: Kyk, twee konings het nie voor hom standgehou nie; hoe sou ons dan kan standhou? |
| Afrikaans 1983 | Hulle het bang geword, want hulle het gedink: twee konings moes die onderspit teen hom delf, hoe sal ons ons kan handhaaf? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het ontsettend bang geword en gesê: “Kyk, twee konings het nie voor hom stand gehou nie. Hoe kan ons dan standhou?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die leiers het baie bang geword en gesê: “Twee konings kon nie teen Jehu wen nie, ons sal ook nie teen hom kan wen nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die leiers was baie bang vir Jehu en het vir mekaar gesê: “Hy het nou al klaar twee konings doodgemaak. Hoe sal ons ooit teen hom kan wen?” |