2 Kings 10:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Jehu het nie opgelet om met sy hele hart in die wet van die HERE, die God van Israel, te wandel nie, want hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam wat Israel laat sondig het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Jehu het nie die bevele van die Here, die God van Israel, heelhartig gehoorsaam nie. Hy het nie weggedoen met die afgodery wat Jerobeam Israel laat doen het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Jehu het nie sorgvuldig in die wet van die HERE, die God van Israel, met sy hele hart gewandel nie; hy het nie afgewyk van die sondes van Jerobeam wat Israel laat sondig het nie. |
| Afrikaans 1983 | Maar Jehu het nie met sy hele hart die woord van die Here die God van Israel gehoorsaam nie. Hy het nie afgesien van die sondes wat Jerobeam vir Israel laat doen het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jehu het egter nie daarby gehou om die wet van die Here, die God van Israel, met sy hele hart te volg nie. Hy het nie afgewyk van die sondes van Jerobeam waarmee hy Israel laat sondig het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Jehu het nie met sy hele hart gedoen wat die wette van die Here sê nie, hy het nie opgehou om die sondes te doen wat Jerobeam die Israeliete laat doen het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar Jehu was nie heeltemal getrou aan die Here, die God van Israel, se wette nie. Hy het nie afgesien van die sondes wat Jerobeam in Israel ingebring het nie. |