2 Kings 10:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het vir Jehu gesê: Omdat jy goed gedoen het deur te doen wat reg is in my oë en aan die huis van Agab gedoen het volgens alles wat in my hart was, sal jou kinders van die vierde geslag op die troon sit van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Nogtans het die Here vir Jehu gesê: “Jy het goed gedoen deur my bevele uit te voer, naamlik om die familie van Agab uit te roei. Omdat jy reg gedoen het, sal Ek toesien dat jou kinders tot in die vierde geslag konings van Israel sal wees.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die HERE vir Jehu: Omdat jy goed gehandel het deur te doen wat reg is in my oë -- volgens alles wat in my hart was, aan die huis van Agab gedoen het -- sal jou seuns tot in die vierde geslag op die troon van Israel sit.
Afrikaans 1983 Die Here het vir Jehu gesê: “Omdat jy gedoen het wat goed en reg is in my oë en jy die huis van Agab alles aangedoen het wat Ek My voorgeneem het, sal jou kinders tot in die vierde geslag op die troon van Israel sit.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het toe vir Jehu gesê: “Jy het goed gedoen deur uit te voer wat reg is in my oë. Alles wat Ek in gedagte gehad het vir die huis van Agab, het jy uitgevoer. Daarom sal daar vir jou seuns tot in die vierde geslag op die troon van Israel sit. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Jehu gesê: “Jy het dinge gedoen waarvan Ek hou, en jy het met die familie van Agab gedoen wat Ek wil hê. Daarom sal jou nageslag nog vier geslagte lank op die troon van Israel sit.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ten spyte daarvan het die Here vir hom gesê: “Jy het goed gedoen om die familie van Agab heeltemal uit te roei. Dit is wat Ek wou gehad het moes gebeur. Daarom het Ek besluit dat jou kinders en kleinkinders en agterkleinkinders vier geslagte lank in Israel sal regeer.”