2 Kings 10:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het, het Jehu nie agter hulle afgewyk nie, naamlik die goue kalwers wat in Bet-el was en wat in Dan was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het egter nie die goue kalwers in Bet-El en Dan vernietig nie. Daarom het Israel die verering daarvan voortgesit, net soos Jerobeam seun van Nebat gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die sondes van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het -- daar het Jehu nie van afgewyk nie, van die goue kalwers wat in Bet-el en in Dan was. |
| Afrikaans 1983 | Jehu het nie afgesien van die sondes wat Jerobeam seun van Nebat vir Israel laat doen het nie: die goue kalwers wat in Bet-El en in Dan was, is nog vereer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar die sondes van Jerobeam, seun van Nebat, die sondes waarmee hy Israel laat sondig het, daarvan het Jehu nie afgewyk nie – die goue kalwers wat in Bet-El en Dan was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar hy het aangehou om die sondes te doen wat Jerobeam seun van Nebat die Israeliete laat doen het. Die goue kalfbeelde was nog in die stede Bet-El en in Dan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jehu het egter nie opgehou om die verkeerde dinge te doen wat die Israeliete sedert die tyd van Jerobeam, die seun van Nebat, gedoen het nie. Hy het niks aan die goue bulbeelde gedoen wat in Bet-El en Dan gestaan het nie. |