2 Kings 10:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het die beeld van Baäl afgebreek en die huis van Baäl afgebreek en dit tot vandag toe 'n ontwerphuis gemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het die heilige klippilaar van Baäl stukkend geslaan, die tempel van Baäl verwoes en dit omskep in toilette, soos dit vandag nog is. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die klippilaar van Baäl afgebreek en Baäl se tempel afgebreek en daar gemakhuisies van gemaak, tot vandag toe. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het die klippilaar stukkend geslaan en die tempel van Baäl afgebreek en daarvan kleinhuisies gebou, wat dit vandag nog is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die gedenksteen van Baäl afgebreek, ook die tempel van Baäl afgebreek en dit plekke vir ontlasting gemaak; dit is vandag nog so. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het Baäl se klip-paal stukkend geslaan en hulle het die tempel van Baäl afgebreek. Hulle het 'n toilet daarvan gemaak. Dit is vandag nog so. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het hulle die gedenksteen ter ere van Baäl stukkend gebreek en die hele gebou afgebreek. Hulle het openbare toilette daarvan gemaak, en dit is waarvoor die plek nog steeds gebruik word. |