2 Kings 10:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy klaar was met die offer van die brandoffer, sê Jehu aan die lyfwag en die owerstes: Gaan in en maak hulle dood; laat niemand uitkom nie. En hulle het hulle met die skerpte van die swaard verslaan; en die lyfwag en die owerstes het hulle uitgedryf en na die stad van die huis van Baäl gegaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Net nadat Jehu die brandoffer gebring het, beveel hy die hardlopers en offisiere: “Gaan in en maak hulle almal dood. Nie een van hulle mag uitkom nie!” Hulle het hulle toe met die swaard doodgemaak en die wagte en offisiere het die liggame buitentoe gesleep. Daarna het hulle ingegaan in die binneste heiligdom van die Baältempel, |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hy gereed was met die aanbieding van die brandoffer, sê Jehu aan die hardlopers en die adjudante: Kom in, slaan hulle dood, laat niemand uitkom nie! En hulle het hul met die skerpte van die swaard doodgeslaan, en die hardlopers en die adjudante het hulle uitgegooi en na die stadsdeel van die Baälstempel gegaan. |
| Afrikaans 1983 | Net toe Jehu klaar die brandoffer gebring het, het hy vir die hardlopers en die adjudante gesê: “Gaan in en maak hulle dood. Niemand mag daar uitkom nie.” Hulle het hulle doodgesteek en die liggame uitgegooi. Hulle het in die binneste heiligdom van die Baälstempel ingedring, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hy klaar die brandoffer gebring het, sê Jehu vir die hardlopers en die adjudante: “Gaan in, vel hulle neer! Niemand mag uitgaan nie!” Hulle het hulle toe neergevel met die skerpte van die swaard. Die hardlopers en adjudante het hulle uitgegooi en deurgedring tot in die woondeel van die tempelkompleks van Baäl. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dadelik nadat Jehu klaar die brand-offer ge-offer het, het hy vir die wagte en die offisiere gesê: “Gaan in en maak hulle almal dood, niemand moet uitkom nie.” Hulle het toe die mense wat vir Baäl gedien het, doodgesteek met swaarde. Die wagte en die offisiere het die dooie liggame uitgegooi. Toe het hulle in die agterste kamer van die tempel ingegaan |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Jehu klaar was met die offer, het hy vir die wagte en offisiere gesê: “Gaan in en maak almal dood. Niemand mag oorbly nie!” Die soldate is toe die tempel in en het die mense met swaarde doodgesteek en die lyke uitgegooi. Hulle het tot in die binneste heiligdom van die tempel ingegaan |