2 Kings 10:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle ingaan om slagoffers en brandoffers te bring, het Jehu tagtig manne daarbuite aangestel en gesê: As een van die manne wat ek in julle hand gebring het, ontkom, hy wat hom laat gaan, sal sy lewe vir sy lewe wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hulle ingaan in die tempel om offers en brandoffers te bring, het Jehu 80 van sy manne buitekant opgestel. Hy het hulle beveel: “As julle enigeen toelaat om te vlug, sal julle met julle eie lewens daarvoor boet.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle het ingegaan om slagoffers en brandoffers toe te berei; maar Jehu het vir hom buitekant tagtig man opgestel en gesê: Hy wat een van die manne wat ek in julle hande lewer, laat vryraak, sy lewe sal in die plek van die se lewe wees. |
| Afrikaans 1983 | Toe hulle ingaan om die brandoffers en ander diereoffers te bring, was daar buite tagtig man wat deur Jehu opgestel is met die bevel: “Die persoon wat een van die manne wat ek in julle mag gee, laat wegkom, sal met sy eie lewe daarvoor boet.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hulle ingegaan het om maaltydoffers en •brandoffers te bring, het Jehu buite vir hom tagtig man opgestel en gesê: “Die man wat enige van die manne wat ek in julle hande oorlewer, laat vrykom – sy lewe sal geneem word in die plek van die een wat vrykom.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het toe ingegaan om die brand-offers en ander offers te bring. Jehu het 80 manne buite laat staan en hy het vir hulle gesê: “Julle moet hierdie mense doodmaak. As een van julle iemand hier vry laat wegkom, dan sal hy sterf.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Almal was in die tempel saam om vir Baäl diere te slag en hom met offers te vereer. Jehu het egter gereël dat daar buite die tempel 80 soldate gereed staan. Hy het hulle met hulle lewe gedreig en gesê: “Die een van julle wat ’n enkele een van hierdie feesgangers lewendig laat wegkom, sal met sy lewe boet!” |