2 Kings 10:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jehu het saam met Jónadab, die seun van Regab, in die huis van Baäl gegaan en aan die dienaars van Baäl gesê: Ondersoek en kyk of hier by julle niemand van die dienaars van die HERE is nie, maar die dienaars van Baäl alleen.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het Jehu saam met Jonadab seun van Rekab die tempel binnegegaan. Toe sê Jehu vir die Baälaanbidders: “Kyk goed dat net aanbidders van Baäl hier is. Sorg dat geen aanbidder van die Here hier inkom nie!”
Afrikaans 1933/1953 Daarop gaan Jehu saam met Jonadab, die seun van Regab, in die tempel van Baäl in en sê aan die dienaars van Baäl: Ondersoek en kyk of nie miskien van die dienaars van die HERE hier by julle is nie, net die dienaars van Baäl alleen.
Afrikaans 1983 Jehu en Jonadab seun van Rekab het saam in die tempel van Baäl ingegaan, en Jehu het vir die vereerders van Baäl gesê: “Sorg dat hier nie vereerders van die Here saam met julle is nie; net die vereerders van Baäl moet hier wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jehu en Jonadab, seun van Regab, het die tempel van Baäl binnegegaan. Toe sê hy vir die dienaars van Baäl: “Maak doodseker en sien toe dat hier nie dienaars van die Here saam met julle is nie, maar alleen die dienaars van Baäl.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en Jehu en Jonadab seun van Rekab het in die tempel van Baäl ingegaan en hulle het vir die mense wat vir Baäl gedien het, gesê: “Julle moet kyk, hier moenie dienaars van die Here tussen julle wees nie. Hier moet net mense wees wat vir Baäl dien.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jehu en Jonadab het saam met die Baälvereerders in die tempel ingegaan en vir hulle gesê: “Maak seker dat hier nie mense onder ons is wat eintlik die Here dien nie. Hulle is glad nie deel van hierdie fees nie.”