2 Kings 10:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir hom wat oor die klerekas was: Bring klere uit vir al die aanbidders van Baäl. En hy het vir hulle klere uitgebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jehu het aan die persoon in bevel van die klerekamer gesê: “Maak seker dat elke aanbidder van Baäl een van hierdie kledingstukke aanhet.” Daar is toe aan hulle klere uitgedeel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sê aan die een wat oor die klerekamer was: Bring klere uit vir al die dienaars van Baäl. En hy het vir hulle klere uitgebring. |
| Afrikaans 1983 | Aan die persoon wat oor die klerekamer toesig gehou het, het hy gesê: “Bring klere vir al die vereerders van Baäl.” Hy het vir hulle die klere gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jehu sê toe vir die een wat in beheer was van die klerekamer: “Bring klere uit vir al die dienaars van Baäl.” Hy het vir hulle die feesklere uitgebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Jehu vir die amptenaar wat die klerekamer moes oppas: “Jy moet klere bring vir almal wat vir Baäl dien.” Die amptenaar se mense het die klere uitgebring, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jehu het vir die toesighouer oor die klerekamer gesê: “Jy moet sorg dat elke feesganger feesklere dra.” Die klere is toe aan hulle uitgedeel. |