2 Kings 10:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jehu het deur die hele Israel gestuur, en al die aanbidders van Baäl het gekom, sodat daar nie 'n man oorgebly het wat nie gekom het nie. En hulle het in die huis van Baäl gekom; en die huis van Baäl was vol van die een kant tot die ander. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het boodskappers deur die hele Israel gestuur om die Baälaanbidders op te roep. Hulle almal het gekom; niemand het weggebly nie. Hulle het ingegaan in die Baältempel sodat dit van hoek tot kant vol was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jehu het ook deur die hele Israel gestuur; en al die dienaars van Baäl het gekom -- sodat daar niemand oor was wat nie gekom het nie -- en in die tempel van Baäl ingegaan, sodat die tempel van Baäl vol was van end tot end. |
| Afrikaans 1983 | en Jehu het oral in Israel boodskappers gestuur, sodat al die vereerders van Baäl gekom het; daar was nie 'n enkele wat nie gekom het nie. Hulle het in die tempel van Baäl ingegaan, sodat die tempel naderhand van hoek tot kant vol was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop het Jehu boodskappers deur die hele Israel gestuur, en al die dienaars van Baäl het gekom. Daar was niemand in die land oor wat nie gekom het nie. Hulle het toe in Baäl se tempel ingegaan. Die tempel van Baäl was van hoek tot kant gevul. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en Jehu het dit vir al die mense van Israel laat weet. Almal wat vir Baäl gedien het, het gekom. Niemand het by die huis gebly nie. Hulle het na die tempel van Baäl gekom, en die tempel was heeltemal vol, van die een kant tot by die ander kant. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en Jehu het boodskappers reg deur die land gestuur om almal bymekaar te maak. Baäl se mense het in groot getalle opgedaag en die Baältempel van hoek tot kant volgemaak. |