2 Kings 10:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sodra hierdie brief aan jou kom, aangesien die seuns van jou heer by jou is, en daar by jou strydwaens en perde is, ook 'n omheinde stad en wapenrusting;
Afrikaans (NLV) 2011 “Die koning se seuns is daar by julle en julle het strydwaens, perde, ’n versterkte stad en wapens. Sodra julle hierdie brief ontvang,
Afrikaans 1933/1953 As hierdie brief dan nou by julle kom, terwyl die seuns van jul heer by julle is, en die strydwaens en die perde by julle is, en 'n versterkte stad en wapens,
Afrikaans 1983 “As julle hierdie brief kry — julle het daar by julle die prinse, die strydwaens en perde, 'n versterkte stad en wapentuig —
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Nou, sodra hierdie brief by julle uitkom – die seuns van julle heer is mos by julle, en by julle is ook die strydwamag en perde, 'n versterkte stad en die toerusting –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle koning se seuns is by julle, en ook sy oorlogkarre en perde en wapens, en julle is in 'n stad wat sterk mure het. Wanneer julle hierdie brief kry,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die koning se seuns is almal by julle en julle het strydwaens, perde, wapens en ’n versterkte stad tot julle beskikking.