2 Kings 10:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Roep dan nou na my al die profete van Baäl, al sy dienaars en al sy priesters; laat niemand ontbreek nie, want ek het 'n groot offer om aan Baäl te bring; elkeen wat gebrek kry, hy sal nie lewe nie. Maar Jehu het dit op listigheid gedoen, met die doel om die dienaars van Baäl te vernietig.
Afrikaans (NLV) 2011 Roep nou al die profete en aanbidders van Baäl, asook al die priesters na my toe. Niemand mag wegbly nie, want ek gaan ’n groot offer aan Baäl bring. Enigeen wat nie opdaag nie, sal doodgemaak word.” Maar eintlik was Jehu van plan om al die Baälaanbidders uit te roei.
Afrikaans 1933/1953 Roep dan nou al die profete van Baäl, al sy dienaars en al sy priesters na my toe; niemand moet gemis word nie, want ek het 'n groot offer aan Baäl. Elkeen wat gemis word, sal nie leef nie. Maar Jehu het dit met lis gedoen om die dienaars van Baäl te kan vernietig.
Afrikaans 1983 Roep nou al die profete van Baäl na my toe, al sy vereerders en al sy priesters. Nie een mag wegbly nie, want ek wil 'n groot offer aan Baäl bring. Nie een wat wegbly, sal bly leef nie.” Jehu het dit met lis beplan om die vereerders van Baäl te kan vernietig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, wat al die profete van Baäl betref, al sy dienaars en al sy priesters, ontbied hulle hier na my toe. Niemand mag ontbreek nie, want ek het 'n groot maaltydoffer vir Baäl gereedgemaak. Niemand wat ontbreek, sal bly leef nie.” Jehu het dit egter met lis gedoen, sodat hy Baäl se dienaars kon vernietig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom, roep al die profete van Baäl en almal wat hom dien en al sy priesters. Julle moenie een laat wegbly nie, want ek wil vir Baäl 'n groot offer bring. Ek sal almal laat doodmaak wat nie kom nie.” Jehu het dit gesê omdat hy almal wou doodmaak wat vir Baäl gedien het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Roep al die profete van Baäl bymekaar, ook al die mense wat lief is vir hom en die priesters wat in sy tempel werk. Almal moet daar wees, want ek wil ’n baie groot fees ter ere van Baäl hou. Wie nie kom nie, sal ek laat doodmaak.” Jehu se plan was egter om al die Baälaanbidders dood te maak.