2 Kings 10:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy in Samaría kom, het hy almal gedood wat vir Agab in Samaría oorgebly het, totdat hy hom verdelg het, volgens die woord van die HERE wat Hy met Elía gespreek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Jehu in Samaria aankom, het hy almal doodgemaak wat nog oor was van Agab se bloedverwante. Hy het hulle uitgeroei soos die Here deur Elia gesê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hy in Samar¡a aankom, het hy almal omgebring wat van Agab in Samar¡a oor was, totdat hy hom verdelg het volgens die woord van die HERE wat Hy tot El¡a gespreek het. |
| Afrikaans 1983 | en toe Jehu in Samaria kom, het hy almal van Agab wat nog in Samaria oor was, doodgemaak; hy het tot die laaste een toe om die lewe gebring, soos die Here vir Elia gesê het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hy in Samaria kom, het hy almal neergevel wat van Agab in Samaria oorgebly het, totdat hy hom uitgeroei het ooreenkomstig die woord van die Here wat Hy met Elia gespreek het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Jehu in Samaria aankom, het hy al die familie van Agab wat nog gelewe het in Samaria, doodgemaak. Nie een het aangehou lewe nie. Dit was soos die Here vir Elia gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In Samaria het Jehu almal doodgemaak wat nog van Agab se familie oor was. Dit was soos wat die Here deur Elia gesê het dit sou gebeur. |