2 Kings 10:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hy daarvandaan weggegaan het, het hy Jonadab, die seun van Regab, aangesteek wat hom tegemoet gekom het; en hy het hom gegroet en vir hom gesê: Is jou hart reg, soos my hart met jou hart is? En Jónadab antwoord: Dit is. As dit is, gee my jou hand. En hy het hom sy hand gegee; en hy het hom na hom toe op die wa geneem.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe Jehu verder gaan, kry hy vir Jonadab seun van Rekab wat hom tegemoetkom. Nadat hy hom gegroet het, sê Jehu vir hom: “Is jy lojaal aan my soos ek lojaal is aan jou?” “Ja, ek is,” antwoord Jonadab. “As jy is,” sê Jehu, “gee my dan jou hand.” Jonadab gee hom toe sy hand en Jehu het hom op sy wa laat klim.
Afrikaans 1933/1953 En vandaar het hy gegaan en Jonadab, die seun van Regab, gevind wat hom tegemoetkom. En hy groet hom en sê vir hom: Is jou hart reg soos my hart met jou hart is? En Jonadab antwoord: Ja. So ja, gee jou hand, sê Jehu. Toe gee hy sy hand; en hy het hom by hom op die wa laat klim
Afrikaans 1983 Toe hy daar weg is, kom hy vir Jonadab seun van Rekab op die pad teë. Nadat hy hom gegroet het, vra hy vir hom: “Kan ek op jou reken soos jy op my?” Jonadab het geantwoord: “Ja.” “As dit ja is,” sê Jehu, “gee my jou hand.” Hulle het mekaar die hand gegee en Jehu het hom by hom op die wa laat klim.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hy daarvandaan weggaan, kom hy af op Jonadab, seun van Regab, wat na hom toe op pad was. Hy groet hom toe en sê vir hom: “Is jy dit heelhartig met my eens, soos ek dit met jou is?” Jonadab het geantwoord: “Ek is.” Daarop sê Jehu: “Indien wel, gee jou hand!” Toe hy sy hand gee, help Jehu hom op die strydwa by hom
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe Jehu verder gaan, kry hy vir Jonadab seun van Rekab en hy groet hom en vra: “Jonadab, ek is jou vriend en ek wil jou help. Wil jy ook vir my help?” Jonadab het gesê: “Ja, ek wil jou help, gee vir my jou hand.” Jonadab het sy hand vir hom gegee en Jehu het vir Jonadab gehelp om op die oorlogkar te klim.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op pad daarvandaan het Jehu vir Jonadab, die seun van Rekab, raakgeloop wat na hom toe gekom het. Nadat hulle mekaar gegroet het, het Jehu vir Jonadab gevra: “Is jy so lojaal aan my soos ek aan jou?” “Ja, ek is,” het Jonadab geantwoord. “Nou gee my dan jou hand!” het Jehu gesê en sy hand uitgesteek en vir Jonadab op sy strydwa gehelp.