2 Kings 10:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jehu het die broers van Ahásia, die koning van Juda, ontmoet en gesê: Wie is julle? En hulle antwoord: Ons is die broers van Ahásia; en ons gaan af om die kinders van die koning en die kinders van die koningin te groet.
Afrikaans (NLV) 2011 kom hy bloedverwante van koning Ahasia van Juda teë. “Wie is julle?” vra hy. Hulle antwoord hom: “Ons is naasbestaandes van koning Ahasia. Ons is op pad om die seuns van die koning en van die koninginmoeder te besoek.”
Afrikaans 1933/1953 en Jehu die broers van Ah sia, die koning van Juda, aantref, sê hy: Wie is julle? En hulle antwoord: Ons is die broers van Ah sia, en ons het afgekom om die seuns van die koning en die seuns van die gebiedster te groet.
Afrikaans 1983 het hy die broers van koning Ahasia van Juda teëgekom. “Wie is julle?” het hy gevra. “Ons is Ahasia se broers,” het hulle geantwoord, “ons gaan kyk hoe gaan dit met die prinse en die koning se ma.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) het Jehu die broers van Ahasia, die koning van Juda, teëgekom. “Wie is julle?” het hy gevra. “Ons is Ahasia se broers, en ons het afgekom om die seuns van die koning en die seuns van die koninginmoeder te groet,” het hulle geantwoord.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) het hy koning Ahasia van Juda se broers gekry. Hy het gevra: “Wie is julle?” Hulle het gesê: “Ons is Ahasia se broers en ons gaan om te hoor hoe dit gaan met die prinse en met die seuns van die koning se ma.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wie is julle?” het hy gevra. “Ons is Ahasia se broers, van Jerusalem af,” het hulle geantwoord. “Ons is op pad om te gaan kyk hoe dit met die prinse en die koning se ma gaan.”