2 Kings 10:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jehu het almal wat oorgebly het van die huis van Agab in Jísreël, en al sy groot manne en sy familie en sy priesters gedood, totdat hy hom nie laat oorbly het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het Jehu al Agab se bloedverwante wat nog in Jisreël oor was, doodgemaak, asook al die vooraanstaandes, sy vriende en sy priesters. So het dit gebeur dat daar vir Agab niemand oorgebly het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe slaan Jehu almal dood van die huis van Agab wat in J¡sreël oor was, en al sy grotes en sy vertroudes en sy priesters, totdat daar niemand van hom oor was wat vrygeraak het nie. |
| Afrikaans 1983 | Jehu het almal doodgemaak wat nog van die koningshuis van Agab in Jisreël oor was: al die vooraanstaandes, vertrouelinge, selfs priesters; hy het nie een laat wegkom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jehu het almal wat van die huis van Agab in Jisreël oorgebly het, neergevel – al sy vername mense, sy vertrouelinge en sy priesters – totdat hy niemand van Agab laat vrykom het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jehu het almal doodgemaak wat nog oor was van die familie van Agab in die stad Jisreël, ook al die belangrike amptenare van Agab, en sy vriende en sy priesters. Jehu het nie een laat aanhou lewe nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het Jehu al Agab se familielede in Jisreël doodgemaak. Ná hulle het hy Agab se hoë amptenare, asook sy vriende, vertrouelinge en priesters laat doodmaak. Daar het niemand uit Agab se familie oorgebly nie. |