2 Kings 10:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Agab het in Samaria sewentig seuns gehad. En Jehu het briewe geskrywe en na Samaria gestuur, aan die owerstes van Jísreël, aan die oudstes en aan die wat die kinders van Agab grootgemaak het, om te sê:
Afrikaans (NLV) 2011 Agab het 70 seuns gehad wat in Samaria gewoon het. Jehu skryf toe briewe en stuur dit na Samaria toe, na die regeerders van Jisreël, na die leiers en na die oppassers van koning Agab se seuns. In die brief sê hy:
Afrikaans 1933/1953 En Agab het sewentig seuns gehad in Samar¡a. Toe skryf Jehu 'n brief, en hy stuur dit na Samar¡a aan die owerstes van J¡sreël, die oudstes, en aan die opvoeders van die seuns van Agab, en sê:
Afrikaans 1983 In Samaria was daar sewentig prinse uit Agab se geslag. Jehu het briewe geskryf en dit na Samaria toe gestuur, na die regeerders van Jisreël, na die leiers en na die opvoeders van Agab se nakomelinge. Dit het so gelui:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Agab het sewentig seuns in Samaria gehad. Jehu skryf toe briewe en stuur dit na Samaria, na die •hoë amptenare van Jisreël, die oudstes, en na die voogde van Agab se seuns, met hierdie woorde:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was 70 seuns van Agab in die stad Samaria. Jehu het briewe gestuur na die leiers in Samaria en na die mense wat Agab se kinders moes grootmaak. Hy het die briewe ook gestuur vir die leiers van die stad Jisreël. In die briewe het hy geskryf:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar het 70 prinse uit Agab se familie in Samaria gewoon. Jehu het vir die leiers in Samaria en vir die mense wat die prinse grootgemaak en geleer het ’n brief geskryf. Hy het geskryf: