2 Corinthians 9:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het ek dit nodig geag om die broers te vermaan, dat hulle na julle toe sou vooruitgaan, en vooraf julle oorvloed, waarvan julle tevore opgemerk het, sou opmaak, sodat dit gereed kan wees, as 'n saak van oorvloed, en nie as van hebsug nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom beskou ek dit as noodsaaklik om die broers aan te spoor om vooruit na julle toe te gaan. Hulle moet die dankoffer gereedmaak wat julle vroeër reeds beloof het. Dan sal dit gereed wees as ’n vrywillige dankoffer en nie as iets wat afgepers is nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het dit dus noodsaaklik geag om die broeders te versoek om vooruit te gaan na julle toe en julle vroeër aangekondigde dankoffer vooraf in orde te bring, sodat dit gereed kan wees as 'n dankoffer en nie as iets wat afgepers is nie. |
| Afrikaans 1983 | Daarom het ek dit noodsaaklik geag om die broers aan te spoor om vooruit na julle toe te gaan. Hulle moet die dankoffer wat julle vroeër beloof het, vooraf in orde bring. Dan sal dit daar gereed wees as 'n werklike offer van dankbaarheid, en nie as iets wat afgepers is nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom het ek dit noodsaaklik geag om die broers aan te spoor om vooruit na julle te gaan, en die •dankoffer wat julle vroeër beloof het, in orde te kry, sodat dit gereed sal wees as 'n werklike dankoffer, en nie as iets wat afgedwing is nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom het ek gedink dit is baie belangrik dat ek vir Titus en die ander twee persone vra om vóór ons na julle toe te gaan. Dan kan hulle seker maak dat die geld wat julle voorheen belowe het, gereed is voordat ons daar kom. En dan sal julle ook voel dat julle dit gee omdat julle graag wil gee, nie omdat ons sê julle móét dit gee nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Om seker te maak dat die insameling van die kollekte daar by julle glad verloop, het ek besluit om hierdie broers solank na julle toe te stuur. Hulle sal julle kom help om julle offer vir Jerusalem betyds gereed te kry. Julle het immers al lankal belowe dat julle dit sal gee. Maar dink asseblief eers goed oor die saak na en maak julle bydraes op die regte manier bymekaar. Onthou, dit moet regtig ’n dankoffer wees, nie iets wat van julle afgepers is nie. |