2 Corinthians 9:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As hulle van Masedonië nie saam met my kom en julle onvoorbereid vind nie, sal ons (dat ons nie sê nie, julle nie) beskaamd staan in hierdie selfversekerde grootpratery.
Afrikaans (NLV) 2011 So nie, as daar Masedoniërs saam met my kom, en sien dat julle nog nie gereed is nie, sal ons ons skaam oor ons vertroue in julle — om nie eers te praat van julle eie skaamte nie.
Afrikaans 1933/1953 sodat nie miskien, as daar Macedoniërs saam met my kom en julle nie gereed vind nie, ons, om nie te sê julle nie, beskaam word in hierdie vertroue van ons roem nie.
Afrikaans 1983 Anders, as daar Masedoniërs saam met my kom en hulle sien julle is nog nie gereed nie, sal ons ons skaam oor ons vertroue in julle — om nie eens te praat van julle eie skaamkry nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en ook sodat, indien daar dalk Macedoniërs saam met my sou kom en julle in hierdie saak onvoorbereid sou aantref, ons ons nie sal hoef te skaam nie, om nie eers van julle te praat nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want as ek en die ander gelowiges van Masedonië by julle kom, en hulle sien julle is nog nie gereed om te gee nie, dan sal ons skaam wees. Julle sal ook skaam wees as die geld nie gereed is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dink net hoe skaam julle sal kry as ek later self daar by julle opdaag (saam met die afgevaardigdes van Masedonië) en ek dan moet uitvind dat julle toe nooit die nodige fondse bymekaargemaak het nie. Dan sal my vertroue in julle sommer ’n ernstige knou kry.