2 Corinthians 9:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ek ken die voortvarendheid van julle verstand, waaroor ek oor julle roem by die van Masedonië, dat Achaje 'n jaar gelede gereed was; en julle ywer het baie baie gewek.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek ken julle gewilligheid en ek het al by die Masedoniërs oor julle gespog. “Agaje,” het ek opgemerk, “het al ’n jaar gelede voorbereidings begin tref.” En julle ywer het ook die meeste ander aangespoor.
Afrikaans 1933/1953 Want ek ken julle bereidwilligheid waarop ek oor julle by die Macedoniërs roem, dat Ach je 'n jaar gelede gereed was, en dat die ywer wat van julle uitgegaan het, baie ander aangespoor het.
Afrikaans 1983 Ek weet dat julle graag wil help, en ek het al by die Masedoniërs met lof oor julle gepraat. “Agaje,” het ek gesê, “is al 'n jaar lank reg om te help.” Julle ywer het ook die meeste ander aangespoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want ek ken julle bereidwilligheid, waarmee ek oor julle by die Macedoniërs spog – dat Agaje al sedert 'n jaar gelede gereed is, en dat julle ywer die meeste van hulle aangespoor het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want ek weet hoe graag julle iets wil gee vir hulle. Ek spog daaroor by die gemeentes in die provinsie Masedonië. Ek weet dat julle, die gelowiges in die provinsie Agaje, van verlede jaar af gereed is om te gee. Die meeste gelowiges in Masedonië het gehoor dat julle graag wou gee, en toe wou hulle ook graag gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek weet mos hoe graag julle daarby wil inskakel. Daarom het ek oral by die gelowiges in Masedonië oor julle gespog. “Die gelowiges in die provinsie Agaje is al sedert verlede jaar betrokke by hierdie projek,” het ek vir hulle almal vertel. Julle ywer het teen hierdie tyd al die ander gelowiges ook aangesteek.