2 Corinthians 9:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En deur hulle gebed vir jou wat na jou verlang om die uitnemende genade van God in jou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal ook vir julle bid en na julle verlang omdat die genade van God oor julle só groot was. |
| Afrikaans 1933/1953 | terwyl hulle ook in die gebed vir julle na julle verlang vanweë die uitnemende genade van God aan julle. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sal ook vir julle bid en met verlange aan julle dink, omdat die genade van God oor julle so oorvloedig was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terselfdertyd verlang hulle, in hulle gebede vir julle, vuriglik na julle, weens die oortreffende genade wat God aan julle bewys het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En wanneer die gelowiges in Jerusalem vir julle bid, dan verlang hulle na julle. Want hulle sien dat God ook genadig was vir julle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As bewys dat hulle ook vir julle omgee, sal daardie gelowiges vir julle bid en vir God dankie sê omdat Hy so ongelooflik goed is vir julle. |