2 Corinthians 9:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die bediening van hierdie diens voorsien nie alleen in die gebrek van die heiliges nie, maar is ook oorvloedig deur baie danksegginge aan God; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die bediening van hierdie hulp voorsien nie net in die behoeftes van die gelowiges in Jerusalem nie, maar word ’n stroom van danksegging teenoor God. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die bediening van hierdie hulpbetoning voorsien nie alleen in die behoeftes van die heiliges nie, maar is ook oorvloedig deur baie danksegginge aan God, |
| Afrikaans 1983 | want die bediening van hierdie hulpbetoon voorsien nie alleen in die behoeftes van die gelowiges in Judea nie, maar bring ook oorvloedige dankbaarheid teenoor God mee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want die hulp van hierdie bediening voorsien nie net in die •heiliges se behoeftes nie, maar lei ook tot 'n oorvloed van baie uitinge van danksegging aan God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As ons die geld wat julle bymekaargemaak het, gee vir die gelowiges in Jerusalem, dan sal hulle genoeg hê om te lewe. En dan sal die ander gelowiges ook meer en meer vir God wil dankie sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Weet julle, hierdie geldelike offers waarmee julle die gelowiges in Jerusalem dien, gaan nie net help om hulle armoede te verlig nie. Dit natuurlik ook, maar julle bydraes sal maak dat God regtig gedank word. |