2 Corinthians 8:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, soos julle oorvloedig is in alles, in geloof en woord en kennis en in alle ywer en in julle liefde vir ons, sorg dat julle ook oorvloedig is in hierdie genade. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Aangesien julle in elke opsig uitmunt — in geloof, met die woord, kennis, groot ywer en die liefde wat ons aan julle betoon het — munt dan nou ook uit in hierdie liefdeswerk. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar soos julle in alles oorvloedig is -- in geloof en woord en kennis en alle ywer en in julle liefde vir ons -- sorg dat julle ook in hierdie liefdedaad oorvloedig is. |
| Afrikaans 1983 | Aangesien julle alles in oorvloed het: geloof, die gawe om julle woord te doen, kennis van God, onbeperkte ywer en ons liefde vir julle, wees dan ook in hierdie liefdeswerk oorvloedig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos julle nou van alles oorvloed het, geloof en welsprekendheid en kennis en alle ywer en die liefde, wat deur ons toedoen onder julle is, sorg dat julle ook in hierdie genadewerk oorvloedig is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons weet dat julle alles baie goed doen. Julle glo baie sterk, julle kan goed praat. Julle weet baie van die ware lewe. Julle hou nie op om goed te doen nie. En julle is lief vir mekaar soos ons vir julle geleer het. Nou moet julle ook goed doen en geld gee wanneer Titus by julle kollekteer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle blink uit op so baie gebiede. Kom ek noem net ’n paar: julle geloof is baie groot. Julle is glad nie bang om oor God te praat nie. Julle het baie kennis oor sy woord. Julle is regtig toegewyd in julle geloof. Boonop blink julle ook uit in die liefde van Christus wat ek aan julle verkondig het. Kan ek dan nou die volgende versoek tot julle rig? Blink asseblief ook uit wanneer dit by hierdie geldinsameling vir die arm Christene in Judea kom. |