2 Corinthians 8:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom wys julle aan hulle en voor die gemeentes die bewys van julle liefde en van ons roem oor julle.
Afrikaans (NLV) 2011 Betoon aan hulle julle liefde en laat die gemeentes duidelik sien dat ons rede het om trots te wees op julle.
Afrikaans 1933/1953 Gee dan aan hulle die bewys van julle liefde en van ons roem oor julle, ook voor die gemeentes.
Afrikaans 1983 Bewys aan hulle julle liefde sodat al die gemeentes dit kan sien en kan weet dat ons tereg op julle trots is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Lewer dan aan hulle voor die gemeentes die bewys van julle liefde en van ons trots op julle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet nou bewys dat julle lief is vir ander mense en dat ons reg is wanneer ons spog oor julle. Julle moet dit so doen dat die gemeentes dit kan sien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wys asseblief vir hulle dat julle hulle ook liefhet. Ontvang hulle soos julle eie broers. Ek het vir al die gemeentes vertel hoeveel julle vir ander mense omgee. Laat hierdie afgevaardigdes dit asseblief nou met hulle eie oë sien.