2 Corinthians 8:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Of iemand Titus navraag doen, hy is my vennoot en medehulp aangaande julle; of ons broers navraag doen, hulle is die boodskappers van die gemeentes en die heerlikheid van Christus.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat Titus betref, hy is my kollega en medewerker in julle belang. Verder, wat ons broers betref, hulle is verteenwoordigers van die gemeentes en ’n eer vir Christus.
Afrikaans 1933/1953 Wat nou Titus betref, hy is my metgesel en medewerker by julle; of ons broeders, hulle is afgesante van die gemeentes, 'n eer vir Christus.
Afrikaans 1983 Wat Titus betref, hy is my kollega en medewerker in julle belang. Wat ons broers betref, hulle is afgevaardigdes van die gemeentes en 'n eer vir Christus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat Titus betref, hy is my deelgenoot en medewerker in julle belang. Wat ons broers betref, hulle is gesante van die gemeentes, 'n eer vir •Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nou praat ek weer oor Titus: Julle moet onthou, hy werk baie hard saam met my, en hy wil graag saam met julle werk. En julle moet onthou die gemeentes stuur ook die ander twee persone, en Christus is trots op hulle altwee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat Titus betref: wel, julle weet mos dat hy al lankal saam met my werk om die goeie nuus uit te dra; ook tot daar by julle. Die twee broers wat saam met hom na julle toe kom, is verteenwoordigers van die verskillende gemeentes. Hulle almal glo in Christus. Hulle weerkaats ook sy heerlikheid.