2 Corinthians 8:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ons het ons broer saam met hulle gestuur, vir wie ons dikwels in baie dinge ywerig getoon het, maar nou baie yweriger, op grond van die groot vertroue wat ek in julle het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saam met hulle stuur ons ook nog ’n broer. Ons het hom dikwels en op baie maniere getoets en bevind dat hy ywerig is. Hy is nou nog baie yweriger omdat hy groot vertroue het in julle. |
| Afrikaans 1933/1953 | En ons het met hulle saamgestuur ons broeder wat ons dikwels in baie dinge beproef gevind het, dat hy ywerig is en nou baie yweriger deur sy groot vertroue in julle. |
| Afrikaans 1983 | Saam met hulle stuur ons ook ons ander broer. Ons het hom baiekeer en op baie maniere op die proef gestel en gevind dat hy ywerig is om te help. Nou is hy nog yweriger omdat hy baie vertroue in julle het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saam met hulle stuur ons ons broer, vir wie ons dikwels en in vele opsigte getoets, en ywerig bevind het, en wat nou nog yweriger is, deur sy groot vertroue in julle. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons stuur ook 'n derde persoon saam met Titus en die ander persoon. Die derde persoon werk ook vir die Here soos ons. Ons het hom baie getoets in al die werk wat hy saam met ons gedoen het. Hy werk baie hard vir die Here. En hy is nou baie opgewonde om na julle toe te gaan, omdat hy glo dat julle graag wil help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom stuur ons nog ’n ander broer saam met Titus na julle toe. Hy het al baie kere bewys dat hy betroubaar is. Niemand twyfel oor sy goeie naam nie. Hy wil julle ook graag kom help. Vandat hy gehoor het hoe toegewyd julle is, is hy eers ywerig om na julle toe te kom. |