2 Corinthians 8:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vermy dit, dat niemand ons skuldig maak in hierdie oorvloed wat deur ons bedien word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sodoende voorkom ons dat iemand ons sou verdink in verband met só ’n aansienlike som geld wat ons moet hanteer. |
| Afrikaans 1933/1953 | om te voorkom dat iemand ons sou belaster in verband met hierdie groot bydrae wat deur ons berei word. |
| Afrikaans 1983 | Op hierdie manier voorkom ons dat enigiemand ons dalk sou verdink in verband met so 'n groot som geld wat ons moet wegbring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So wil ons voorkom dat iemand ons verdink oor hierdie ruim som wat ons behartig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons wil ook keer sodat mense nie sleg praat van ons nie. Want dit is baie geld wat ons kry en uitdeel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Tot dusver het ons al ’n groot bedrag geld vir Jerusalem ingesamel. Ons kan nie bekostig dat iemand ons nou daarvan verdink dat ons hierdie geld misbruik wat die gelowiges aan ons toevertrou het nie. |