2 Corinthians 8:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En nie dit alleen nie, maar wat ook uit die gemeentes uitverkies is om saam met ons te reis met hierdie genade wat deur ons bedien word tot eer van dieselfde Here en verkondiging van julle gewillige gemoed.
Afrikaans (NLV) 2011 Nie net dit nie, maar die broer is ook deur die gemeentes gekies as ons reisgenoot in hierdie liefdesdiens wat deur ons verrig word. Ons doen dit tot eer van die Here en as bewys van ons goeie trou.
Afrikaans 1933/1953 En dit nie alleen nie, maar hy is ook deur die gemeentes gekies as ons reisgenoot in verband met hierdie liefdewerk wat deur ons berei word, tot die heerlikheid van die Here self en as bewys van julle bereidwilligheid,
Afrikaans 1983 Afgesien daarvan is die broer ook deur die gemeentes gekies om met ons saam te reis as ons die liefdeswerk uitvoer wat ons onderneem het. Ons doen dit tot eer van die Here en as teken van ons hulpvaardigheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En nie net dit nie: hy is ook deur die gemeentes aangewys as ons reisgenoot in hierdie genadewerk, wat deur ons verrig word tot verheerliking van die Here en as bewys van ons bereidwilligheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar dit is nie net óns wat hom stuur nie, die gemeentes het hom ook gekies om saam met ons te werk wanneer ons die geld kollekteer vir die gelowiges in Jerusalem. Ons doen hierdie werk sodat almal kan sien dat net die Here Koning is. En dan kan almal ook sien dat ons graag hierdie werk wil doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die ander gemeentes wat geld vir hierdie fonds insamel, het hom aangewys om saam met ons Jerusalem toe te gaan. Daar gaan ons die kollekte aan die gelowiges oorhandig. Deur hierdie liefdeswerk wil ons die Here se Naam grootmaak. Dis ons enigste doel. Daarom doen ons ons bes om die geld reg te administreer sodat niemand ons goeie naam in twyfel trek nie.