2 Corinthians 8:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar God sy dank, wat dieselfde ywer vir julle in die hart van Titus gegee het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek is dankbaar teenoor God dat Hy Titus net so entoesiasties gemaak het om julle te help as wat ons is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar God sy dank, wat dieselfde ywer vir julle in die hart van Titus gegee het; |
| Afrikaans 1983 | Ons dank God dat Hy Titus net so ywerig gemaak het om julle te help as wat ons is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En aan God die dank, wat dieselfde ywer in julle belang in die hart van Titus gegee het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ek sê vir God dankie dat Hy vir Titus lus gemaak het om julle te gaan help om die geld te kollekteer. Titus dink ook soos ek dat dit belangrik is dat julle klaar moet kollekteer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek is baie dankbaar teenoor God omdat Hy Titus so ywerig gemaak het om julle te kom help. Hy is net so ywerig soos ek self. |