2 Corinthians 8:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar deur gelykheid, dat julle oorvloed nou in hierdie tyd 'n aanbod vir hulle gebrek kan wees, sodat hulle oorvloed ook 'n voorsiening vir julle gebrek kan wees, sodat daar gelykheid kan wees; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar moet ’n balans wees tussen julle huidige oorvloed en hulle gebrek. Dan kan hulle oorvloed weer vir julle gebrek aangewend word. Op só ’n manier kom daar ewewig. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar dat volgens gelykheid julle oorvloed in hierdie tyd hulle gebrek kan aanvul, sodat ook hulle oorvloed julle gebrek kan aanvul en daar gelykheid kan wees. |
| Afrikaans 1983 | moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help. So kom daar ewewig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle huidige oorvloed vul hulle tekort aan, sodat hulle oorvloed weer julle tekort kan aanvul, en daar so ewewig kan wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het nou meer as genoeg om te kan lewe. Daarom kan julle vir ander mense gee, mense wat nie genoeg het nie. Daar sal miskien weer 'n tyd kom wanneer die gelowiges in Jerusalem te veel het. Dan sal hulle weer vir júlle help wanneer julle te min het. En dan sal die een nie meer as die ander hê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar moet ewewig in die kerk wees wanneer gelowiges mekaar geldelik help. Dit moet só gedoen word: julle wat nou genoeg geld het, moet daardie Christene help wat te min geld het. Later, wanneer julle weer te min geld het, moet hulle julle kom uithelp. So kom daar ewewig. |