2 Corinthians 8:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ek bedoel nie dat ander mense verlig word en julle beswaar word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit beteken egter nie dat hulpbetoon aan ander julle moet laat swaarkry nie. Dit is eerder ’n geval van balans.
Afrikaans 1933/1953 Want ek bedoel nie dat daar vir ander verligting moet wees en vir julle verdrukking nie,
Afrikaans 1983 Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te kan help nie; maar sodat daar ewewig sal wees,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit beteken nie dat ander verligting kry en julle swaarkry nie, maar wel dat daar ewewig sal wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy wil nie hê dat julle self moet swaarkry omdat julle baie gee om die gelowiges in Jerusalem te help nie. Nee, die een moenie meer as die ander hê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Natuurlik vra God nie meer van julle as wat julle besit nie. Nee, dra net tot die fondsinsameling by uit die geld wat julle tot julle beskikking het. Julle hoef regtig nie elke sent op julle naam weg te gee nie.