2 Corinthians 8:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want as daar eers 'n gewillige gesindheid is, word dit aanvaar volgens wat 'n mens het, en nie volgens wat hy nie het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die geesdrif daar is en julle gee volgens wat julle het, is die gawe aanneemlik. Julle hoef nie meer as dit te gee nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want as die bereidwilligheid daar is, is dit welgevallig volgens wat iemand besit, nie volgens wat hy nie besit nie. |
| Afrikaans 1983 | As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want as daar bereidwilligheid is, is dit aanneemlik volgens wat 'n mens het – nie volgens wat jy nie het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want as 'n mens graag iets wil gee, dan aanvaar die Here dit wat jy kan gee. Die Here wil nie hê dat jy iets moet gee wat jy nie het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die belangrikste van alles is dat julle julle geld met die regte gesindheid sal gee. Dan maak julle God se hart sommer baie bly. |