2 Corinthians 8:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Doen dan nou die handeling daarvan; dat soos daar 'n bereidheid was om te wil, so daar ook 'n uitvoering kan wees uit dit wat julle het.
Afrikaans (NLV) 2011 Voltooi nou die werk sodat julle dit, uit die middele tot julle beskikking, met dieselfde geesdrif kan afrond as dié waarmee julle daarop besluit het.
Afrikaans 1933/1953 Maar voltooi nou die daad ook, sodat, net soos die bereidheid om te wil daar was, so ook die voltooiing kan wees uit wat julle besit.
Afrikaans 1983 Maak die werk nou ook klaar. Die ywer om uit julle beskikbare middele die insameling af te handel, moet net so groot wees as die gewilligheid waarmee julle dit begin het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Voltooi dan nou ook die taak, sodat, net soos julle bereidwillig was om dit te wil doen, julle ook bereidwillig sal wees om dit te voltooi uit wat julle het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar nou moet julle die werk klaarmaak wat julle begin doen het. Julle wou graag begin kollekteer, en julle moet dit nou klaarmaak. En julle moet gee wat julle kán gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Handel hierdie geldinsameling asseblief nou af. Sit weer geld daarvoor opsy. Doen dit met dieselfde geesdrif waarmee julle verlede jaar begin het.